Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Só raak jy fiks

$
0
0

Bernard Smit, ’n biokinetikus en CrossFitinstrukteur van die Paarl, sê ’n goeie beginpunt om jou fiksheid te verbeter is om vyf keer per week 30 minute se matige aërobiese oefening soos fietsry, hardloop, swem of roei te doen.

“Dit is ook belangrik om minstens twee keer per week weerstandsoefeninge te doen. Jou oefenprogram moet 8-10 verskillende oefeninge soos optrekke en burpees insluit wat verskillende spiergroepe oefen. Doen minstens twee stelle van 10-12 herhalings elk,” raai hy aan.

Hier is nog van sy wenke:

  1. Maak seker jy doen gereeld strekoefeninge.
  2. Konsentreer op funksionele bewegings soos hurksitte, opstote, optrekke en bewegings waar jy ’n gewig van jou skouer opstoot. Dit boots alledaagse bewegings na, of dit nou is om plantjies te plant, ’n boks op te tel of iets op ’n hoë rak neer te sit.
  3. Gebruik intervalle wanneer jy oefen. Herhaal dus ’n enkele beweging, byvoorbeeld ’n opstoot, 40 sekondes lank aaneen en rus dan 20 sekondes lank. Jy begin dan elke keer dat die sekondewyser ’n nuwe minuut begin aftel ’n nuwe herhaling met ’n oefening wat ’n ander spiergroep oefen. Wissel byvoorbeeld opsitte en burpees af en voltooi die siklus tot jy vier minute voltooi het. Dié soort oefening gebruik ’n kombinasie van spiere, eerder as om net een spier op ’n slag te oefen. Die hoë intensiteit is ook uitstekende kardiovaskulêre oefening.
  4. Maak seker jy drink genoeg water tydens en ná oefening. Hoeveel vloeistof jy nodig het, sal van mens tot mens verskil. As jy langer as 90 minute aërobiese oefeninge doen, is dit ’n goeie idee om ’n sportdrankie te drink wat die minerale en elektroliete vervang wat jy tydens die oefening opgebruik het. Dit sal jou help om vinniger te herstel ná ’n strawwe oefensessie.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>