Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Ry-indruk: Hyundai Accent

$
0
0
Hyundai kom al ’n baie lang pad met hul motors. Hul sukses is te danke aan beter gehalte en goeie beplanning: lae pryse vir motors met goeie toerusting. Al hul planne het eindelik bymekaargekom met hul uitstekende ix35, wat Suid-Afrika oorrompel het.

Nie net is Hyundai’s net goeie waarde vir geld nie, hulle is nou ook begeerlik. Maar dit is vir my steeds ’n raaisel waarom Hyundai Suid-Afrika die Accent hier as ’n luikrug aanbied. Ja, dit is ’n goeie motor, lyk mooi en sy spesifikasievlakke is vergelykbaar met enige ander motor in sy klas. Die probleem lê nie hier by Hyundai se ander modelle: Hulle het self sulke goeie ander opsies dat ek nie kan sien hoekom enigiemand hierdie kar gaan koop nie.

Accent-Hatchback-17

Neem die Accent-sedan as voorbeeld. Vir meer as R20 000 minder kry jy so te sê dieselfde motor met ’n kattebak by. As jy dan nou ’n luikrug wil koop, is die i20 ook ’n baie goeie keuse. Dit bied uitstekende waarde vir geld en het ’n suinige dieselenjin.

Maar dit daar gelaat. Soos vroeër genoem, is daar absoluut niks fout met die Accent-luikrug nie. Die agterruit is ’n bietjie klein, maar ’n mens raak gou daaraan gewoond. Die luikrug se kajuit voel wel van ’n bietjie hoër gehalte as sy sedan-boetie. Die sesgangratkas is ook seepglad en werk goed. Die kajuit is ook heel stil, behalwe as jy 120 km/h begin nader, maar dit is nie steurend nie. Persoonlik hou ek meer van die sedan se ontwerp, maar die luikrug is nie iets wat ek lelik sal noem nie.

Slotsom

Ideaal gesproke sou ek eerder ’n goedkoper weergawe van die pragtige i30 wou sien as Hyundai se poging met die Accent, hoe goed dit ook al is. Koop eerder die sedan, of spaar ’n bietjie langer en koop die i30 as jy baie graag ’n luikrug wil besit.

Accent-Hatchback-11

  • PRYS R234 900
  • ENJIN 1,6 L-petrol; 91 kW, 156 Nm
  • RATKAS sesgang
  • VERRIGTING 0-100 km/h in 10,2 s. Topspoed is 190 km/h
  • VERBRUIK 6,4 L/100 km gekombineerde siklus volgens Hyundai, 6,8 L/100 km getoets deur Huisgenoot.
  • MEDEDINGERS Kia Cerato Hatch 1.6 Man EX, VW Polo Hatch TSI Highline
  • ONS HOU VAN Die oorhoofse projektor.
  • DIT PLA Die prys en brandstofverbruik.

Mededingers:

  • VW Polo Hatch TSI (81kW) Highline R233 300
  • Renault Megane Hatch 1.6 Dynamique R244 900
  • Kia Cerato Hatch 1.6 Man EX R243 995

- Anton Vermeulen


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>