Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Amerikaner se vermiste foon duik in Japan op.

$
0
0

Toe Kevin Whitney van Chikasha in die Amerikaanse deelstaat Oklahoma einde verlede jaar sy iPhone 5 in ’n graansilo laat val, het hy nie gedink hy sal ooit weer sy luukse slimfoon sien nie.

Groot was sy verbasing dus toe hy agt maande later ’n oproep kry dat sy selfoon deur ’n werker by ’n graansilo in Kasjiema in Japan opgespoor is, berig Kfor.com.

Kevin se selfoon het vanaf die silo in Oklahoma saam met sowat 140 t graan gereis tot by ’n opslagplek in Louisiana, voor dit per skip na Japan verskeep is.

Die werker in Japan het Kevin se identiteit uitgepluis deur na die foto’s en ander inligting op die foon te kyk, voor hy hom verlede week laat weet het hy het sy vermiste selfoon by hom.

“Daar was heelwat foto’s met sentimentele waarde op die foon, en ek was baie bly om dit terug te kry,” het Kevin aan Kfor.com gesê.

Bronne: Kfor.com; SkyNews; Daily Mail


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>