Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 35-40 min.
4 eiervrugte, in blokke gesny
2 uie, in kwarte
2 knoffelhuisies, gekap
sout en vars gemaalde peper
60 ml (¼ k) olyfolie
500 g boerewors, in stukke gesny
50 g tamatiepasta
1 x 410 g-blik gekapte tamaties
15 ml (1 e) suiker
Voorverhit die oond tot 200 °C.
- Versprei die eiervrugte, uie en knoffel in ’n oondbak. Geur en giet die olyfolie oor. Meng goed. Rooster 20 min.
- Pak die boerewors op ’n ander bakplaat en rooster saam met die groente in die oond tot gaar (sowat 20 min.). Sny in stukke.
- Meng die tamatiepasta deur die groente, rooster nog 5 min., meng die gekapte tamaties en boereworsstukke deur die groente en bak nog 10-15 min.
- Geur na smaak met die sout, peper en suiker. Sit voor saam met skywe geroosterde ciabatta of polenta.