Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Agent: Oscar het net twee keer sy humeur verloor

$
0
0

Die moordbeskuldigde Oscar Pistorius het in die agt jaar dat hulle saamwerk, net twee keer sy humeur verloor, het sy agent, Petrus van Zyl, Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria getuig.

In een geval het hy in 2012 in Barcelona, Spanje, aangekom nadat hy by die Olimpiese Spele teen niegestremde atlete deelgeneem het.

“Hulle het ’n kamera in sy gesig gedruk en hom ’n skelm genoem,” het Petrus gesê.

Barry Roux, vir Oscar, het hom tydens die atleet se moordverhoor ondervra. Oscar staan tereg weens die moord op sy meisie Reeva Steenkamp.

Daar was bewerings dat Oscar se lemme hom tydens kompetisies ’n onregverdige voorsprong gee.

Die Paralimpiese atleet het vir Suid-Afrika in die 400 m-wedren deelgeneem.

Petrus het gesê die tweede voorval het tydens ’n onderhoud kort voor die Olimpiese Spele in Londen gebeur.

Volgens Petrus het die onderhoudvoerder geïmpliseer dis ’n verleentheid om teen niegestremde atlete mee te ding.

Hy het gesê Oscar het albei kere sy humeur verloor.

Petrus sê hy en Oscar het in 2006 begin saamwerk.

Tydens sy getuienis het Petrus gesê Oscar het ’n verhoogde bewustheid gehad. Hy het gesê Oscar het een keer op pad na die lughawe vinnig bestuur.

Die aanklaer, Gerrie Nel, het Petrus gevra hoekom Oscar gemeen het hy moet so vinnig bestuur.

“Hoekom het jy hom toegelaat om so vinnig te bestuur?” het Gerrie gevra.

Petrus het gesê ander het dit ook opgemerk en niemand het daaroor gekla nie.

“Daar was berigte dat Oscar vinnig bestuur het. Van die atlete wat saam met hom gereis het, het my daarvan vertel.

“Niemand het ooit by my daaroor kom kla nie,” het Petrus die hof vertel.

Gerrie wou by Petrus weet of hy gehoor het van ’n atleet se versoek om tydens die Olimpiese Spele in 2012 na ’n ander kamer in die atletedorp verskuif te word. Die atleet wou na bewering nie meer ’n kamer met Oscar deel nie omdat hy mense ure lank oor die foon verskree het.

Petrus het gesê hy het nie geweet hoekom die atlete geskei is nie; net dat die Suid-Afrikaanse span in die atletedorp die saak behartig het.

“Ek was nie toe in Londen nie; die spanbestuur het die probleem dadelik opgelos.

Petrus het gesê hy het nooit die gebeure op Valentynsdag verlede jaar met Oscar bespreek nie; Oscar het Reeva daardie dag in sy huis doodgeskiet. Hy het slegs ’n boodskap van medelye gestuur.

“Ons het nie in detail op die voorval ingegaan nie. Nie een keer nie.”

Petrus sê hy was tot November 2012 onbewus van Oscar se liefde vir vuurwapens.

“Ek het hom voorheen nooit met ’n vuurwapen of by ’n skietbaan gesien nie. Hy het gesê hy dra ’n vuurwapen omdat hy vir sy veiligheid vrees.

’n Artikel in die Britse Daily Mail wat in Augustus 2011 gepubliseer is, het die atleet beskryf as ’n enkellopende jong man met ’n voorliefde vir vuurwapens en wat vuurwapens in sy huis in Pretoria aangehou het.

Gerrie het Petrus gevra of hy die artikel met Oscar bespreek het.

“Destyds het ek dit nie regtig as iets negatiefs beskou nie,” het hy geantwoord.

Toe hy gevra is of hy Oscar as paranoïes sou beskryf, het Petrus gesê hy is nie bekwaam om die vraag te beantwoord nie.

Hy sê hy het Oscar as gaaf en bedagsaam geken; nie aggressief nie.

Die verhoor is tot Woensdagoggend halftien verdaag.

Oscar het Reeva op Valentynsdag verlede jaar deur ’n geslote deur in sy huis in Pretoria geskiet. Hy beweer hy het haar vir ’n inbreker aangesien wat hom wou aanval. Sy is in die heup, arm en kop getref.

Nadat hy die skote geskiet het, het hy vroeër getuig, het hy ’n krieketkolf gebruik om die deur oop te breek om by die noodlottig gewonde Reeva uit te kom.

Hy pleit onskuldig op die moordaanklag, asook aanklagte wat met vuurwapens verband hou.

Die staat voer aan hy het haar tydens ’n rusie geskiet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>