Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Pretfeite oor Ansel Elgort

$
0
0

Dié talentvolle hartebreker is vinnig op pad om supersterstatus te bereik danksy sy hoofrol in The Fault in Our Stars

  • Ansel (20) het gehuil toe hy die boek lees waarop die fliek gegrond is. Dit gaan oor twee tieners wat liefde vind in ’n steungroep vir kankerpasiënte. Hy sê hy is “aweregs, vreemd en ’n bleeksiel” – nes sy karakter.
  • Hy speel teenoor die Hollywood-liefling Shailene Woodley (22). Dis hul tweede fliek saam. Ansel het haar broer in Divergent gespeel en is nou haar kêrel in The Fault in Our Stars. “Sy is op die oomblik een van die beste aktrises, en die feit dat hulle my twee keer saam met haar laat speel, is ’n groot kompliment vir my,” sê hy.
  • Hy word danksy sy sexy voorkoms, maagspiere en lengte – hy staan 1,93 m in sy sokkies – met die rolprentlegende James Dean vergelyk. Ons wed sy aanhangers, die Anselites, gaan nie daaroor kla nie!
  • Sy hele gesin is kunssinnig. Sy pa, Arthur Elgort (73), is ’n mode-ontwerper, sy ma, Grethe Barrett Holby (66), ’n operadirekteur, ouboet Warren is ’n rolprentmaker en ousus Sophie ’n fotograaf.
  • Ansel is ’n opgeleide balletdanser en neem ook klubmusiek op onder die naam DJ Ansolo.
  • Hy is baie geheimsinnig oor sy beweerde romanse met sy hoërskoolmeisie, die ballerina Violetta Komyshan. “Kate Winslet (sy medester in Divergent) het vir my gesê: ‘Daar is ’n deel van jou lewe wat jou eie moet wees.’ Ek weet nie hoekom dit openbare kennis moet wees op wie ek verlief is nie,” sê hy.

BRONNE: JUSTJARED.COM, TEENVOGUE.COM, http://ansel-elgort.com, THEFRISKY.COM, COMPLEX.COM


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>