Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Hoenderlewerkoekies met spinasieslaai

$
0
0

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 15-20 min.

LEWERKOEKIES
1 ui, gekap
2 wortels, skoongeskraap en gekap
15 g pietersielie
1 eier
2 snye bruinbrood,
korsies verwyder en in stukke geskeur
500 g hoenderlewertjies, afgespoel en skoongemaak
125 ml (½ k) koekmeel
sout en vars gemaalde peper
olie vir panbraai
SOUS
1 ui, in skyfies gesny
1 knoffelhuisie, gekap
15 ml (1 e) olyfolie
125 ml (½ k) suiker
100 ml asyn
10 ml (2 t) mielieblom, in 15 ml (1 e) water opgelos
SPINASIESLAAI
100 g baba-spinasie
1 rooi-ui, in skyfies gesny
30 ml (2 e) olyfolie

  1. Lewerkoekies Plaas al die bestanddele behalwe die lewertjies, meel, sout en peper in die bak van ’n voedselverwerker. Verwerk tot fyn gekap en goed gemeng. Voeg die lewer by en verwerk net tot die lewer grof gekap is. Voeg die meel by, geur met die sout en peper en meng goed.
  2. Verhit ’n bietjie olie in ’n braaipan. Skep lepels vol van die mengsel in hopies in die pan. Braai oor matige hitte tot
  3. net bruin, draai om en braai verder tot gaar, maar steeds effe pienk van binne.
  4. Sous Braai die ui en knoffel in die verhitte olie tot sag. Voeg die suiker en asyn by en roer tot die suiker
  5. opgelos is. Voeg die mielieblommengsel by en roer tot verdik.
  6. Spinasieslaai Meng alles.
  7. Skep die sous oor die koekies en sit voor saam met die slaai.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!