As 34 000 fietsryers jou een maal per jaar ’n verkeershoofpyn in Johannesburg besorg, is daar dalk vanjaar vir jou verligting.
Die bekende 94.7 Cycle Challenge gaan in sy 18de bestaansjaar na ’n nuwe tuiste skuif.
Die nuwe begin- en eindpunt is die Riversands Farm in Fourways. Dit beteken die verkeershoofpyn gaan waarskynlik vir inwoners van dié voorstad vererger, maar dit bring weer verligting vir almal wat wes daarvandaan woon omdat die fietsryers voortaan nie meer op die N14 gaan ry nie.
Die roete volg steeds Summitstraat en die R55 tot in Woodmead, dan die M1- en M2-hoofweg deur die stad en Jan Smuts- en Malibongwe-rylaan tot byna teenaan die N14. Maar daar draai dit af op die R114 en volg dan Cedarlaan tot terug in Fourways.
KLIK HIER om die nuwe roete te sien.
Alet van Zyl