Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Vergeet van aftree, nou kook Riaan eers!

$
0
0

Aftree? Wat is dit?

Riaan Cruywagen was nog nooit so besig nie! Hy het ook pas sy tweede CD, Luister saam met Riaan Cruywagen – Sy Gunstelingtreffers, Volume 2, uitgereik.

Dit verg omtrent haarfyn reëlings om die veteraannuusleser Riaan Cruywagen in die hande te kry. Want sien, hy wou aftree, maar dit het nooit gebeur nie.

Inteendeel, hy was in sy lewe nog nooit so besig nie.

Riaan lag. “Ons het pas in ons nuwe meenthuis in ’n voorstad van Johannesburg ingetrek,” vertel hy. Dit nadat hulle oorspronklike huis verkoop is ná sy “aftrede”. En die plan was om kus toe te trek, maar dit het nooit ’n werklikheid geword nie.

“Om te sê ek is besiger as ooit, is om dit ligtelik te stel. Ek is aanbieder en nuusleser by Dagbreek op kykNET en doen baie vryskut werk as seremoniemeester, maak korporatiewe video’s en doen reklamewerk, net om ’n paar dinge te noem,” vertel hy terwyl hy hom juis haas om ’n vlug Kaap toe te haal. Hy gaan optree as seremoniemeester by ’n korporatiewe funksie.

“Dit alles hou my uit die kwaad,” skerts hy.

Hy het ook onlangs sy tweede CD, Luister saam met Riaan Cruywagen – Sy Gunstelingtreffers, Volume 2, uitgereik. Dit volg nadat die eerste CD, Luister saam met Riaan Cruywagen – Sy Gunstelingtreffers, Volume 1, so gewild was dat ’n tweede CD op openbare aanvraag saamgestel is.

Riaan het dit baie geniet om musiek vir albei CD’s te kies. “Veral omdat dit musiek is wat iets vir my beteken. Die musiek op albei samestellings was in die een of ander stadium ’n treffer in die 49 jaar dat ek nou al in die uitsaaiwese is.”

“Dis moeilik om ’n gunsteling uit te sonder. Daar is so ’n wye verskeidenheid musiek op die CD’s, van Sorina die Flooze met Hoezit my tjomma tot Joan Sutherland se Nonnekoor uit Casanova. Vir die eerste keer het ons ook ligte klassieke musiek ingesluit – een van my gunsteling genres.”

“As ek dus ’n gunsteling moet uitsonder, dink ek dit sal van daardie genre wees en die Nonnekoor. Buiten dat dit besonder mooi is, is daar ook ’n ander rede.

My goeie vriend en oudkollega Daniël Kirstein het eendag oor die lug van Joan Sutherland gesê sy het ’n onderkakebeen wat ongekende paniek onder die Filistyne sou gesaai het,” sê Riaan en bars uit van die lag.

“Daniël was ’n radio-omroeper by die Afrikaanse diens in die 60’s. Elke keer dat ek die liedjie hoor, dink ek aan die opmerking en wil my dood lag. Maar afgesien van die snaaksigheid het ek ook groot bewondering vir Joan Sutherland.”

 

Hier is al die liedjies wat op dié nuwe CD gehoor kan word:

 

Disket 1

1. Elvis Blue – Rede Om Te Glo

2. Nadine – Kaapse Draai

3. Cliff Richard & The Shadows – Forty Days

4. Corlea – Sonvanger

5. The Commodores – Three Times a Lady

6. Carike Keuzenkamp – Kaalvoet in die Reën

7. Abba – Waterloo

8. Sonja Heroldt – Hanoverstraat

9. Roberto Delgado – When Bouzoukis Played

10. Patrizio Buanne – Ill Monde

11. Russell Watson – Caruso

12. Bert Kaempfert – Swinging Safari

13. Nana Mouskouri – The White Rose of Athens

14. James Last – American Patrol

15. Sorina – Hoezit my Tjomma

 

Disket 2

1. Sias Reyneke – Klein Karoo

2. Roger Williams – Lara’s Theme

3. Anneli van Rooyen – Halleluja

4. Rina Hugo – More Lyk Dit Anders

5. Paul Mauriat – Love is Blue

6. Billy Rae Cyrus – Achy Breaky Heart

7. Vanessa Williams – Save The Best for Last

8. Abba – Dancing Queen

9. Nat King Cole – When I Fall in Love

10. Robbie Williams – Mr. Bojangles

11. The Rubettes – Sugar Baby Love

12. Foster & Allan – Maggie

13. Eddie Calvert – O mein Pappa

14. Shirley Bassey – Never Never Never

 

Disket 3

1. Mungo Jerry – In the Summertime

2. The Staccatos – Cry to me

3. Herbie and Spence – Die Wilgerboom

4. Fred Woodridge – Penniefluitjie Kwela

5. Sias Reyneke – Sproetjies

6. Tessa Ziegler – St. Elmo’s Fire

7. Joan Sutherland – Nonnekoor uit Casanova

8. Göran Söllscher – Cavatina

9. Hans Zimmer & Lisa Gerrard – Now We Are Free

10. Andre Rieu – Wien Bleibt Wien

11. Jorge Bolet – Liebestraum van Liszt

12. Luciano Pavarotti – O Sole Mio

13. Ennio Morricone – Gabriel’s Oboe

 

- Suzanne Venter

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>