Dis nou vir jou entrepreneurskap gees en iets wat jy nie elke dag sien nie! ’n Gewillige adverteerder op Gumtree het onlangs probeer om Tafelberg in Kaapstad te verkoop vir niks minder nie as R900 000 000.
Volgens die verkoper wil hy Tafelberg verkoop omdat hy ’n nuwe vuurbad wil koop en sal hy sommer die Kaapstad-stadion insluit, as jy die aanbod dadelik aanvaar.
Hy noem ook dat Tafelberg “betreklik groot” is, plat bo-op en ’n paar bome daarom groei.
“Geen kansvatters asseblief! Ek sal dit ook uitruil vir ’n suurlemoenskil of ertjie; moet vars wees,” het hy ook gesê.
-Janine Nel