Kom vaar saam na Mosambiek aan boord van die MSC Opera vir ’n droomreis met van ons land se talentvolste kunstenaars soos Broers, Blackbyrd, Johan C Venter, Adam Tas, Andriette, Jakkie Louw en Liza Bronner.
Die vaart is veel meer as net ‘n eindbestemming. Aan boord van die MSC Opera is daar iets om te doen elke minuut van die dag en nag. Skop die dag af met ’n heerlike ontbyt op die dek of ’n verfrissende swemsessie in een van die twee swembaddens. Of kuier in een van die twee jacuzzis – elkeen met sy eie temperatuurstelling. Raak ontslae van al u oortollige energie met pret-aktiwiteite soos “shuffleboard”-bordspel, minigolf of draf baan. Wat van ’n luilekker kuiertjie op die dek?
Die verskeidenheid belastingvrye winkels is natuurlik ideaal vir inkopieverslaafdes. Na middagete kan die kinders (van 4 jaar tot 11 jaar) by die Buffalo Bill crèche gelaat word terwyl u ‘n heerlike middagslapie of rolprent in u kajuit geniet. Na sonsondergang is dit tyd vir ‘n ongelooflike verskeidenheid smullekker Italiaanse disse gevolg deur komedie- of kaberetvertonings. Naguile word ook nie afgeskeep nie – u kan tot in die vroeë oggendure u hart in die diskoteek uitdans.
- KLIK HIER vir vir meer inligting oor die pakket en die kajuit-opsies
- KLIK HIER vir jou besprekingsvorm
Bespreek vroeg en spaar tot-en-met 40%!