George Clooney wil homself as goewerneur van Kalifornië vir die Demokratiese Party in die 2018 verkiesing verkiesbaar stel.
Die 53-jarige akteur wil in die voetspore volg van die voormalige Republikeinse goewerneur en Hollywood-akteur Arnold Schwarzenegger deur ’n goewerneurskandidaat in die 2018 verkiesing te wees. “George is baie gewild onder die Demokrate en waar beter as Kalifornië, die tuiste van Hollywood, om goewerneur te wees?” het ’n bron aan die koerant Daily Mirror gesê.
“Dit was nog altyd ’n sterk vesting vir die party en een met ’n bewese rekord om politici in die Ovaal-kantoor te kry.”
George beplan glo om sy politieke loopbaan af te skop ná sy troue met die Britse prokureur, Amal Alamuddin (36), in September, en het ’n aantal rolprentprojekte afgekeur sodat hy homself verkiesbaar kan stel.
Amal, ’n menseregte-prokureur in Londen, is glo gretig om haar loopbaan in die stad voort te sit, maar sal oorweeg om Amerika toe te trek om vir George te ondersteun. Die Gravity-akteur is goeie vriende met pres. Barack Obama en was onlangs sy gas by ’n privaat vertoning van sy jongste fliek, The Monuments Men, by die Withuis.
Indien George die 2020 presidentskap sou wen, sal Amal die eerste Britse vrou word wat die Amerikaanse presidentsvrou is en George sal in Ronald Reagan se voetspore volg wat ’n rolprentheld, toe goewerneur en later president geword het.
Intussen is George en Amal op soek na trouvenues en hulle wil graag later vanjaar in Venesië, Italië afhaak.