Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Robbie gesels oor sy opspraakwekkende video

$
0
0

Robbie Wessels se video vir die liedjie “All Blacks teen die All Blacks” het sedert dit vrygestel is geweldige reaksie uitgelok. Die liedjie is ‘n satiriese blik op hoe die Springbokspan moontlik oor ‘n paar jaar kan lyk.

“Ek het nog altyd eerder die humor in situasies raakgesien,” sê Robbie. “Suid-Afrikaners is bekend daarvoor dat ons vir dinge kan lag, maak nie saak of dit ‘n slegte verloor op die sportveld is of die situasie in ons land nie. Met dié liedjie wou ek die spot dryf met kwota’s in sport.”

Hy sê politiek was nog nooit deel van sy agenda nie.

“Ek is ‘n sanger en liedjieskrywer wat inspirasie van oral kry,” sê hy. “Die idee met “All Blacks teen die All Blacks” was nié polities nie. Dit is soos baie van my ander liedjies ‘n liedjie wat ‘n storie vertel wat ek hoop mense sal laat lag. Ek het dit beslis nie geskryf om enigiemand aanstoot te gee nie of om ‘n politieke stelling te maak nie. Ek is en was nog steeds ‘n trotse Suid-Afrikaner wat glo in die demokrasie en mense se reg tot vryheid van spraak.”

Die video, wat ingesluit is op Robbie se nuwe CD, Als Wat Ek Het, is sedert dit ‘n week gelede op YouTube gelaai is deur meer as 31,000 mense gekyk.

Die video is op YouTube: Robbie Wessels All blacks vs All Blacks


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>