Wen ‘n naweek vir twee by die Protea Hotel King George gedurende die 2014 Vodacom George Kaasfees vanaf 25 – 27 Julie 2014.
Geleë aan die voet van die manjifieke Outeniekwa-berge en ‘n klipgooi weg van die fees, is dit die perfekte wegbreek om die winterkoue te verdryf.
Vergeet van alles wat pla en kom geniet die naweek van smullekker kase, uitstekende wyne, kos-demonstrasies en heerlike musiek met die gasvrye mense van George. Ure se vermaak vir almal!
Ingesluit
Luukse 4-ster verblyf vir 2 volwassenes wat deel tydens die 2014 Vodacom George Kaasfees, vir die aande van 25 & 26 Julie 2014. Geniet ‘n smaaklike ontbyt daagliks, geniet gratis vervoer van die hotel na en van, asook toegang tot die Kaasfees.
Uitgesluit
Wenner is verantwoordelik vir eie vervoer na George en terug. Ook uitgesluit is middag- en aandetes, drankies en persoonlike uitgawes.
Neem so deel
SMS die woord PROTEA gevolg deur WAAR of VALS op die stelling hieronder, asook jou naam en van na 34922 voor 17:00 op 19 Junie 2014.
STELLING: Die Protea Hotel King George se eksklusiewe pakket vir 2014 Vodacom George Kaasfees sluit gratis retoer-vervoer vanaf hotel na die Kaasfees, gratis toegang tot die fees en ontbyt elke oggend in.
Bepalings
Elke SMS kos R1,50 en jy kan soveel keer deelneem as wat jy wil. Jy moet die geregistreerde eienaar van die selfoon wees wat gebruik word om aan die kompetisie deel te neem of sy/haar toestemming daartoe hê. Wenners sal deur Protea Hotel King George in kennis gestel word. Die prys is slegs geldig vir die datum soos hierbo genoem. Dit mag nie vir kontant geruil word nie. Die aanwysing van die wenner is finaal en geen verdere kommunikasie sal daaroor gevoer word nie.