Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 25-30 minute
400 g gaar witvis, ontvel en grate verwyder
1 dik sny witbrood, korsies verwyder
250 ml (1 k) vetvrye melk
15 ml (1 e) kanola-olie
2 uie, gekap
5 ml (1 t) gemmer-en-knoffelpasta
sap en skil van 1 suurlemoen
10 ml (2 t) geroosterde masala of kerrie
1 klein groen appel, gerasper
15 ml (1 e) elk sultanas en amandels (opsioneel)
sout en swartpeper na smaak
BOLAAG
2 groot eiers
lourier- of suurlemoenblare
VIR VOORSIT
jasmynrys
sambals: gekapte tamatie en ui; gekapte komkommer en natuurlike jogurt
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Smeer ’n oondvaste bak of 4 ramekins.
- Vlok die vis. Hou eenkant.
- Week die brood in die melk.
- Verhit die olie en braai die ui daarin tot sag. Voeg die gemmer-en-knoffelpasta, suurlemoensap en -skil asook die masala of kerrie by en meng deur.
- Verwyder die uiemengsel van die stoof en roer dit by die gevlokte vis.
- Druk die melk goed uit die brood, hou die melk eenkant en voeg die brood by die vis. Meng goed en voeg die appel, sultanas en amandels (indien gebruik) by en meng deur. Geur met sout en peper.
- Skep in die voorbereide bak of ramekins.
- BOLAAG Klits die eiers en uitgedrukte melk goed saam en geur met sout en peper. Giet oor die vismengsel. Druk ’n lourierof suurlemoenblaar in elke bakkie en bak 25-30 minute of tot gestol.
- VIR VOORSIT Sit voor met die rys en sambals.