Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Woongebied dalk vlambaar ná petroldiewe toeslaan

$
0
0

Alle Suid-Afrikaners voel die petrolprys aan hul sak, maar die meeste mense draai liewer hul sente twee keer voor hulle begin steel.

Petroldiewe het ’n lekkasie veroorsaak in Alberton, suid van Johannesburg, sê Gautengse verkeersbeamptes.

“Misdadigers het na bewering petrol uit pyplyne probeer steel wat die lekkasie veroorsaak het en die hele Ou Vereenigingpad is nou onveilig,” sê  Obed Sibisa, ’n woordvoerder.

Dit blyk die diewe het die ondergrondse pyplyn gebreek terwyl hulle dit opgegrawe het. Die brandstof het oor ’n groot oppervlak uitgeloop.

Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie.

“Ons waarsku motoriste en padgebruikers teen verkeersontwrigtings weens die sluiting van Ou Vereenigingpad tussen Kliprivierpad en JG Strydom in Alrode.” Motoriste kan die R59 as ’n ompad gebruik.

Inwoners van die omliggende gebiede is ook gewaarsku om liefs nie vuur te maak nie. “Die owerheid is besorg dat die brandstof dalk aan die brand kan slaan.”

Die gebied is met ’n poeieragtige stof behandel om die vlambare vloeistof te neutraliseer. – Sapa


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>