Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Hoender korma

$
0
0

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute

45 ml (3 e) groenteolie
1½ uie, in ringe gesny
1½ uie, fyngekap
3 knoffelhuisies, fyngedruk
2-3 kardemompeule
2 kaneelstokkies
10 ml (2 t) gemaalde koljander
2 ml (½ t) borrie
3 ml (ruim ½ t) komynpoeier
2 ml (½ t) gemmerpoeier
4 hoenderfilette, in blokkies gesny
sout na smaak
sap van 1 suurlemoen
500 ml (2 k) griekse jogurt
60 ml (¼ k) gekapte koljander

  1. Verhit 30 ml (2 e) van die olie in ’n kastrol en braai die uiringe bruin. Verwyder dit met ’n gaatjieslepel en dreineer op kombuispapier.
  2. Verhit die res van die olie in dieselfde kastrol en roerbraai die gekapte uie en knoffel tot die uie deursigtig is.
  3. Voeg al die speserye by en roerbraai vir 2 minute of tot geurig.
  4. Verlaag die hitte, geur die hoender met sout, voeg die hoender en suurlemoensap by die uimengsel en roerbraai 5 minute. Voeg die jogurt by.
  5. Bedek die kastrol gedeeltelik met die deksel, verlaag die hitte en laat prut sowat 20 minute stadig tot die hoender gaar is.
  6. Voeg die gekapte koljander, by en sprinkel die gebraaide uie oor. Sit voor met basmatirys en sambals.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>