Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Vis-pilaf

$
0
0

Genoeg vir 4-6 mense
Gaarmaak: 30 min.
Bereiding: 10 min.

40 g botter
10 ml (2 t) geroosterde masala
500 ml (2 k) basmatirys
1 lourierblaar
skil van 1 suurlemoen
2 groen brandrissies, gekap
5 cm gemmerwortel, fyn gerasper
sout en peper
375 ml (1½ k) hoenderaftreksel
400 g gerookte skelvisfilette
2 eiers, hard gekook
2 sprietuie, fyn gekap
’n hand vol vars koljander, gekap
suurlemoensap vir voorsit

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Smelt die botter in ’n groot oondvaste pan oor matige hitte. Voeg die masala by en laat prut ’n paar sekondes liggies. Voeg die rys by en roer tot goed bedek met die speserybotter.
  2. Voeg die lourierblaar, suurlemoenskil, brandrissies en gemmer by en geur met sout en peper. Giet die aftreksel in, bring tot by prutpunt en rangskik die vis bo-op, terwyl jy dit sagkens in die aftreksel onderdompel. Bedek met ’n deksel en bak 15 minute in die oond.
  3. Verwyder uit die oond en laat staan 5 minute sonder dat jy die deksel afhaal. Dit laat die rys klaar kook.
  4. Haal die deksel af, verwyder die vel van die vis en voeg dadelik die gekapte eiers, sprietuie en koljander by. Meng die rys liggies met twee vurke terwyl jy die vis vlok en alles anders inmeng.
  5. Sit direk uit die pan voor op warm borde en drup ’n bietjie suurlemoensap oor.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>