Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Vyf dinge om dié naweek te kyk

$
0
0

Begin die naweek met ’n wenkombinasie van aksie en drama; Robert de Niro en die Franse akteur Jean Reno speel saam in die 1998-fliek Ronin. Saterdag is daar ’n koel animasiefliek vir die kinders, en dan kan jy kyk hoe John Travolta in Staying Alive op die dansvloer wys van watter stoffasie hy gemaak is. En Sondagaand moet Indiana Jones-aanhangers nader sit!

Vrydag 16 Mei

Ronin
e.tv (DStv-kanaal 194) 20:30
’n Groep huursoldate op ’n hoëprofielsending in Frankryk vind uit iemand verraai hulle. Hoe los hulle die probleem op? Hulle gaan op ’n jaagtog deur die stad. Die skouspelagtige rolverdeling sluit in Robert de Niro, Jean Reno en Stellan Skarsgård.

Saterdag 17 Mei

Epic
M-Net (DStv-kanaal 101) 06:00
Die kleingoed is dikwels vroeg al uit die vere, veral naweke. Hou hulle besig met dié prettige animasiefliek oor ’n tiener wat by haar pa gaan kuier. Dié is ’n eksentrieke wetenskaplike wat behep is daarmee om ’n beskawing klein mensies te vind wat hy oortuig is in die woud langs sy huis woon. Sy glo hom nie – tot sy in die woud vervoer word en die feetjies hul vyande moet help verslaan.

Staying Alive
M-Net Stars (DStv-kanaal 111) 21:30
Gaan op ’n nostalgietoer met die opvolg op Saturdag Night Fever. Dié keer probeer Tony Manero sukses behaal as ’n danser op Broadway. Kyk uit vir Sylvester Stallone se kameerolletjie.

Sondag 18 Mei

Indiana Jones and the Kingdom of the Crystal Skull
e.tv (DStv-kanaal 194) 20:00
Die beroemde argeoloog is terug en dié keer moet hy keer dat ’n geheimsinnige artefak in die verkeerde hande beland. Die skurke is natuurlik Russies, en hulle het hul topagent ingestuur om die magtige voorwerp te steel.

The Impossible
M-Net (DStv-kanaal 101) 20:05
Dié dramatiese, hartverskeurende fliek kyk na die nadraai van die tsoenami wat Thailand in 2004 getref het. Die verhaal word vertel uit die oogpunt van ’n gesin toeriste wat Kersfees in die land deurbring toe die ondenkbare gebeur. Ewan McGregor en Naomi Watts speel in die fliek.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!