Ingeval jy dit misgeloop het, dit was onlangs die 10-jarige herdenking van uitreiking van die fliek Mean Girls. Kan jy dit glo?! Die fliek het ons in 2004 behoorlik vermaak, maar ons het nie besef groot die uitwerking daarvan op ons almal sou wees nie; boonop het dit van die koelste sêgoed.
’n Mens vergeet soms die akteurs en aktrises in ’n fliek is regte mense wat aangaan met hul lewe. Ons kyk na waarmee hulle besig was die afgelope dekade.
Lindsay Lohan (Cady Heron)
Soos jy seker nou al weet, het Lindsay het haar eie program op Oprah Winfrey se netwerk OWN wat gaan oor haar lewe ná rehabilitasie. Sy probeer terugkom in Hollywood se goeie boekies, en ons hou maar duim vas dit bly so.
Rachel McAdams (Regina George)
Rachel het beslis ’n suksesvolle loopbaan gehad ná Mean Girls. Sy was in The Notebook, het uitgegaan met Ryan Gosling en het toe ’n paar flieks oor tydreis gemaak, onder meer About Time, wat onlangs uitgereik is.
Lacey Chabert (Gretchen Wieners)
Lacey het gereeld gewerk sedert Mean Girls, meestal in TV-flieks, en stemwerk gedoen. Sy het beslis die regte stem vir strokieskarakters. ’n Paar van haar flieks word vanjaar uitgereik, so dalk is dit haar groot jaar.
Amanda Seyfried (Karen Smith)
Sy was onbekend voor Mean Girls en het toe ’n supertalentvolle aktrise geword. Sy het ná die fliek gereeld gewerk in reekse soos ABC Family se Wildfire en in Veronica Mars. En toe raak sy oornag ’n ster met Mamma Mia! Sy het gespeel in die reeks Big Love, die fliek Red Riding Hood en die louwarm Jennifer’s Body, saam met Megan Foxy. Haar beste jaar was 2012 toe sy die rol van Cosette in Les Misérables gespeel het, en sy het hope projekte wat wag, onder meer die nuwe Peter Pan-fliek, Pan.
Lizzy Caplan (Janis Ian)
Lizzy vaar glad nie sleg nie. Sy het gereeld TV-rolle ná Mean Girls gehad en in 2008 ’n rol in True Blood gekry en toe in Party Down in 2009 gespeel. Sy het tussendeur met Matthew Perry van Friends-faam uitgegaan. Sy het onlangs Nick se meisie, Julia, in die reeks New Girl gespeel.
Daniel Franzese (Damian)
Daniel baan sy weg na roem met ’n paar projekte, van klein rolle in TV-reekse tot verskynings in kortprente. Hy werk nou aan die reeks Dating in LA and Other Urban Myths.
Jonathan Bennett (Aaron Samuels)
Lyk Jonathan se hare nog so sexy wanneer dit glad agteroor gekam word? Hoewel hy sedert Mean Girls gereeld toneelgespeel het, was niks weer so suksesvol nie. Hy bied die MTV-program Copycat aan. Dis ’n nuwe sangkompetisie waar deelnemers net soos beroemde kunstenaars probeer sing.
Bronne: seventeen.com, dailymail.com, popcrush.com