Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 15 min.
15 ml (1 e) olyfolie
400 g visporsies
30 ml (2 e) suurlemoen-kruiepeper
SLAAISOUS
45 ml (3 e) olyfolie
15-30 ml (1-2 e) suurlemoensap
sout en vars gemaalde peper
SLAAI
60 ml (¼ k) sonneblomsaad
300 g wortel-en-koolmengsel
hand vol babaspinasieblare
100 g beet, skoongeskrop en in juliennestokkies gesny
2 wiele fetakaas, grof gekrummel
Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n bakplaat liggies met van die olyfolie.
- Geur die vis met die suurlemoenpeper. Pak op die voorbereide bakplaat en drup die olyfolie oor. Rooster 15 min. of tot gaar.
- Slaaisous Klits die olyfolie en suurlemoensap saam (giet die sap by na smaak) en geur met die sout en peper.
- Slaai Verhit ’n pan en rooster die sonneblomsaad tot dit net begin verkleur. Hou eenkant en laat afkoel.
- Meng al die slaaibestanddele, giet die slaaisous oor, meng liggies deur en sit voor saam met die vis.