1. Ultimate Frisbee
Dis amper soos netbal, net doller! Daar is sewe spelers aan ’n kant en spanne teken punte aan deur die skyf (frisbee) na spanmaats te gooi in die teenstanders se eindsone. Spelers kan nie hardloop met die frisbee nie en kan net een keer draai op een voet terwyl die skyf in sy/haar hand is. Dis hope pret en sal jou behoorlik laat sweet.
2 . Joggling
Die naam sê dit alles. Jy kombineer doodnormale draf met ’n bietjie jongleer (“juggling”) vir opwinding. Ons is seker jy gaan ekstra hard moet konsentreer om die balle in die lug te hou terwyl jy hardloop en mededrawwers of geute probeer vermy.
3 . Vlieërplankry
Dis nie ’n maklike sportsoorte nie, maar die beloning maak dit die moeite werd. Stel jou voor: ’n Sport wat branderplankry en kielplankry kombineer. Dis nogal duur en tydrowend, en ook baie afhanklik van ’n sterk wind. Kry ’n goeie instrukteur om te verseker dat jy die beste inleiding tot die sport kry. Ons belowe jy sal in ’n japtrap ongelooflike maagspiere hê!
4 . Vlotvaart
Dié sport is beslis meer vir die avontuurlustiges! Daar is baie koel plekke in Suid-Afrika waar jy op toere kan gaan. Dit sal beslis jou adrenalien die hoogte laat inskiet.
5 . Slacklining
Al ooit gedink jy wil jou akrobatiese vaardighede en balans verbeter? Dan is slacklining net vir jou! Dit behels die oprigting van ’n statiese lyn tussen twee ankers, meestal bome of lamppale. Die lyn moenie te styf wees voor jy daaroor loop nie.
- Megan Bursey
Ekstra bron: MENSHEALTH.COM