Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Hugh Jackman verwag nog velkanker

$
0
0

Hugh Jackman het Dinsdag voorspel hy gaan waarskynlik nog vele kankergroeisels hê nadat ’n tweede aan sy neus verwyder is.

Die 45-jarige Australiese akteur was in Beijing vir die bemarking van sy jongste fliek, X-Men: Days of Future Past, en het daaroor gepraat.

Hugh, wat Wolverine speel, het ’n pleister op sy neus gedra nadat dokters verlede week ’n basaalselkarsinoom verwyder is. Basaalselkarsinoom is ’n stadiggroeiende soort velkanker. Hugh is verlede jaar ook daarvoor behandel.

Hy het aan die Associated Press (AP) gesê: “Ek is realisties oor die toekoms en dit is heel moontlik dat ek minstens nog een sal kry; waarskynlik meer. Dit is nie ongewoon vir ’n Australiër nie, veral nie dié van Engelse afkoms nie. Ek kan nie onthou dat enigiemand ooit gesê het ek moet sonskerm dra nie.”

Hy het bygevoeg: “Die wonderlikste is dat dit voorkombaar is; jy moet jou net gereeld laat ondersoek. Ek kan tipies man wees: ’n bietjie lui; dit pla my min. Nou is ek glad nie meer so lui nie.”

X-Men: Days of Future Past gaan op 23 Mei in China en die Verenigde State uitgereik. Die rolverdeling wemel van die sterre, onder wie Jennifer Lawrence, Halle Berry en Patrick Stewart. Dit is die sewende fliek in die X-Men-reeks, wat wêreldwyd al R24 biljoen laat inrol het.

Hugh, wat nog in elke fliek gespeel het, se karakter, Wolverine, tydreis na 1973 om die geskiedenis te verander en mutante en die mensdom van vernietiging te red.

Hugh het al gesê hy was redelik seker hy sou ná die volgende een (wat na verwagting in 2017 uitgereik word) nie in nog X-Men-flieks speel nie, maar het aan AP gesê: “Ek dink ek het dalk te gou gepraat toe ek gesê het ek is amper seker die volgende een is my laaste.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>