Nee, dis nie ’n grap nie! Die Maroon 5-sanger Adam Levine het onlangs ’n selfie saam met sy verloofde, Behati Prinsloo, gedeel waarin hy met blonde hare spog en geskryf: “Apokalips-voorbereidingskursus is klaar.”
En dit lyk of van sy aanhangers glad nie mal is oor die nuwe voorkoms nie, want hy het later getwiet: “Ek hoop mense verstaan: Wanneer hulle sê my hare lyk grillerig, beskou ek dit as ’n groot kompliment.”
Wat dink jy van Adam se nuwe voorkoms? Verkies jy dit so of soos dit was?
- Janine Nel