Selfs al kom ’n mens koel en kalm voor, ervaar jy tog ongemaklike en irriterende oomblikke wanneer jy net wil gil van frustrasie. Maar dis oukei, jy is nie al wat soms so voel nie.
Hier is ’n paar irriterende oomblikke wat jy moontlik elke dag beleef.
1. Wanneer jy per ongeluk van iets hou op iemand se Facebook, Twitter of Instagram. Een woord: Ongemaklik.
2. Wanneer jy vir iemand totsiens gesê het en julle stap in dieselfde rigting. Hoe nou gemaakw? “Wel, hallo! Hier is ons weer!”
3. Wanneer jy vir iemand waai omdat jy (verkeerdelik) dink hulle het vir jou gewaai.
4. Wanneer jy vir iemand ’n drukkie probeer gee en nie lekker weet of jy links of regs moet gaan nie. Of dalk is dit net ’n sydrukkie? Urg, wie sou kon raai drukkies kan so ingewikkeld wees?
5. Wanneer jy ’n kompliment kry en dit nie beleef aanvaar nie. Hoekom is dit so moeilik om net “dankie” te sê en dit daar te laat?
6. Wanneer net jy vir jou grappie lag en jy vergeefs probeer verduidelik hoekom dit eintlik snaaks is. Aanvaar dit maar: Hulle gaan dit glad nie snap nie óf glad nie dink dis snaaks nie. Bly liewer stil of verander blitsvinnig die onderwerp.
7. Wanneer iemand jou iets vra net nadat jy ’n groot hap gevat het en hulle gespanne wag dat jy antwoord – met ’n mond vol kos.
8. Wanneer jy een van die lewe se klein plesiertjies ervaar: om in ’n hysbak vol vreemdelinge iets intiems met die mense te deel. Altyd pret!
9. Wanneer jy die deur moet oophou vir iemand wat van ver af aankom. Dis werklik ’n goeie daad wat op soveel ongemaklike maniere kan skeefloop, want hou jy die deur oop, dan voel dit ietwat ongemaklik en hou jy dit nie oop nie, is jy ’n ongemanierde buffel. Ai, die swaar keuses wat ’n mens darem moet maak!
10. En laastens, wanneer jy jou vriend of vriendin in die badkamer raakloop en julle gesels terwyl julle op die toilet sit. Dan is dit net soos: “So . . . kom jy dikwels hierheen?”
Wel, dis al vir eers. Sterkte met al die ongemaklike en irriterende oomblikke wat nog voorlê!