Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Oscar: Onenigheid oor koeëls

$
0
0

Die hooggeregshof in Pretoria het Vrydag ’n debat gehoor oor presies wat die koeëls getref het wat Oscar Pistorius verlede jaar in sy huis in Pretoria geskiet het.

Die ballistiese kenner Thomas (Wollie) Wolmarans, vir die verdediging, het kapt. Chris Mangena, ’n ballistiese kenner vir die polisie, se bevindinge bevraagteken.

Oscar staan tereg weens moord nadat hy sy meisie Reeva Steenkamp op Valentynsdag in sy huis geskiet het. Hy beweer hy het haar vir ’n inbreker aangesien.

Die Lemnaeler het haar deur ’n geslote toiletdeur geskiet en in die heup, arm en kop getref.

Die koeëlgate is gemerk A tot D op die deur, wat as deel van ’n voorstelling van die toiletvertrekkie in die hof opgerig is.
Sowel Thomas as Chris het laserstrale gebruik om die trajek van die koeëls te bepaal (waar dit Reeva en die muur agter haar getref het).

Thomas het Vrydag beweer dat Chris nie die moontlikheid oorweeg het dat die koeëls weggeskram het nadat dit die deur getref het nie.
Die aanklaer, adv. Gerrie Nel, het gesê Chris kon die gat wat deur koeël B veroorsaak is, verbind met merk E op die muur binne die vertrek.

Volgens Thomas het E baie naby gekom, maar pas nie heeltemal nie. Hy het herhaaldelik genoem dat dit moeilik is om die volgorde te bepaal van die skote of die posisie van Reeva se liggaam toe sy geskiet is.

Gerrie het hom ook ondervra oor die klanktoetse wat ter voorbereiding op die hofsaak uitgevoer is.

Thomas het gesê op die eerste aand van die toetse by ’n skietbaan het daar patrone in die pistool vasgesit omdat die ammunisie nie “vriendelik” was nie.

Oscar staan ook tereg op aanklagte van die oortreding van die Vuurwapenbeheerwet. Hy word aangekla van die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie, en die roekelose skiet van ’n vuurwapen in die openbaar.

Hy pleit onskuldig op alle aanklagte.

Thomas gaan verder getuig wanneer die saak Maandag hervat.

- Sapa


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>