Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Getuie: Oscar was opreg gebroke

$
0
0

Die moordbeskuldigde Oscar Pistorius was ontsteld en hartseer nadat hy sy meisie, Reeva Steenkamp, geskiet het, het ’n maatskaplike werker Donderdag in die hooggeregshof in Pretoria getuig.

“Van die eerste keer dat ek hom gesien het, het ek ’n ontroosbare man gesien wat ly. Ek het ’n man gesien wat rou en jammer is oor die verlies,” het Yvette van Schalkwyk gesê.

‘Hy het met my gepraat oor hul planne.’

“Hy het met my gepraat oor hul planne en oor haar ouers en hul lyding.”

Sy het gesê dit het haar ontstel om mediaberigte te sien wat beweer dat Oscar onopreg was toe hy verskoning vra en wanneer hy trane en emosies in die hof gewys het.

Die aanklaer, Gerrie Nel, het beswaar gemaak teen Yvette se getuienis.

Hy het gesê dit is irrelevant, maar regt. Thokozile Masipa het die getuienis toegelaat.

Volgens Yvette het sy Oscar die eerste keer op 15 Februarie verlede jaar in polisieselle ontmoet, die dag nadat hy Reeva geskiet het.

Yvette het onder kruisondervraging deur Gerrie gesê dat sy nog nooit met ander beskuldigdes in ’n gesinsmoordsaak gewerk het nie.
Vroeër het prof.

Reeva se laaste ete

Christina Lundgren, die hoof van die departement anestesiologie aan Wits, getuig dat dit moeilik is om die tyd van ’n oorledene se laaste maaltyd te bepaal deur maaglediging en die sterftetyd te gebruik.

Christina het gesê sy kon nie die staat se bewering ondersteun dat Reeva twee uur voor haar dood geëet het nie.
Sy het na verskillende vakliteratuur verwys wat noem dat dit spekulatief is om te skat oor die tyd wanneer ’n maaltyd geëet is en die maaglediging van ’n oorledene.

Christina is deur Oscar Pistorius se verdedigingspan geroep om getuienis te lewer oor faktore wat maaglediging beïnvloed.

Die narkotiseur het gesê daar kan nie bewys word dat ’n maag vier uur ná ’n maaltyd geledig word nie. Sy het gesê daar is konsensus oor maaglediging ses uur ná ’n maaltyd.

“Sowat tien persent van ’n laevetmaaltyd sal ná vier uur in die maag agterbly,” het sy gesê.

Faktore soos slaap, oefening, angs en pyn, rook en sekere medikasie kan maaglediging vertraag.

Sy het gesê maaglediging is nie ’n presiese wetenskap nie.

Volgens Christina kon Reeva se laaste maaltyd, hoenderroerbraai, maaglediging vertraag het as dit onverteerbare vesel bevat het.

Sy het ook gesê dat daar getuig is dat Reeva joga gedoen het voor sy gaan slaap het, wat ook die proses kon vertraag het.
Sy het ook gesê die feit dat Reeva premenopousaal was, kon ook ’n rol gespeel het.

In Maart het prof. Gert Saayman, wat Reeva se nadoodse ondersoek behartig het, gesê die model se blaas sou leeg gewees het as sy tussen ’n halfuur en ’n uur voor haar dood die toilet gebruik het.

Hy het gesê sy kon haar laaste maaltyd sowat twee uur voor haar dood geëet het. Hy het moeite gedoen om sy stelling te kwalifiseer; hy het gesê maaglediging is nie ’n presiese wetenskap nie en hy het gesteun op jare se ervaring en studie.

In April kon Oscar nie verduidelik waarom daar ten tyde van haar dood op Valentynsdag verlede jaar nog voedsel in Reeva se maag was nie.

Adv. Gerrie Nel het toe bespiegel dat Reeva binne twee uur voor haar dood moes geëet het.

Oscar het daarop aangedring dat hy en Reeva op 13 Februarie omstreeks seweuur die aand geëet het ek kort daarna slaapkamer toe gegaan het. Reeva is omstreeks drieuur die volgende oggend doodgeskiet.

- Sapa


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>