Landwyd stem Suid-Afrikaners in hulle miljoene en ons bekendes trotseer vandag ook die lang toue om te gaan stem.
Ek kannie glo @bobbyvjaarsveld gebruik die woord 'anus' nie! Gaan sy CD's verbrand!
Great brief in @Beeld_Nuus Bobby!
— Johrné van Huyssteen (@Johrne) May 7, 2014
BOBBY VAN JAARSVELD
Bobby het gisteraand saam met 5 000 ander mense by die Uniegebou in Pretoria gaan bid vir ’n vry en regverdige verkiesing. “Jou kruisie kan ’n verskil maak,” het dié Wat geld nie kan koop Nie-sanger op Facebook gesê. Sy stem vandag is egter geen geheim nie: “Vandag stem ek vir die DA. Nie omdat hulle perfek is nie, maar omdat hulle goed regkry en verandering bring.”
WILLEM BOTHA
Dié bekende sanger is die Wes-Kaapse DA-leier, Theuns Botha, se seun en het reeds vroegdag sy stem uitgebring. “Dis tyd om jou merk te maak. Ek dra blou vir ’n rede,” het hy op Twitter gesê.
BOK VAN BLERK
Bok het vanoggend sy kruisie in Wilgers in Pretoria gaan trek. “Die ry het vinnig verloop,” het hy op Twitter gesê. “Ek hoop die enigiemand steek vandag lyf weg nie.”
RIANA NEL
Ook Riana Nel het opgewonde op Twitter verklap sy besig om te stem. “Ek doen dit!” Sy het hierdie foto van haarself geplaas:
- Joshua Carstens