Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 40 min.
60 g botter, gekap
5 pere, geskil, kern verwyder en in wiggies gesny
80 ml (⅓ k) bruinsuiker
5 ml (1 t) brandewyn
125 ml (½ k) room
2 eiers
80 ml (⅓ k) strooisuiker
2 ml (½ t) vanielje-ekstrak
80 ml (⅓ k) meel
125 ml (½ k) bruismeel
45 ml (3 e) kookwater
20 g botter, gesmelt
versiersuiker en kaneel vir bestrooi
- Voorverhit die oond tot 180 oC.
- Smelt die 60 g botter in ’n pan oor matige hitte. Voeg die helfte van die pere by en kook, terwyl jy gereeld omdraai, 5 minute of tot gekaramelliseer. Verplaas na ’n 24 cm vierkantige, oondvaste bak of bakpan. Meng die oorblywende pere in.
- Voeg die bruinsuiker in die pan en kook 1 minuut of tot dit begin oplos. Giet versigtig die brandewyn in en roer die room in tot glad. Giet oor die pere.
- Klits die eiers, strooisuiker en vanielje-ekstrak saam in ’n bak tot romerig. Vou die twee soorte meel, water en 20 g botter in. Giet oor die pere en bak ’n halfuur tot ’n steekpen skoon uitkom wanneer dit in die middel ingedruk word. Sif versiersuiker en kaneel oor.