’n Vrou se naeltjie het gebars.
Patricia Jackson was op ’n vlug onderweg terug Engeland toe ná ’n vakansie in Portugal, toe sy ’n aantal blase aan haar maag opmerk voor haar naeltjie onverwags gebars het.
Die 68-jarige bestuurder van ’n tehuis vir bejaardes het ’n paar jaar gelede ’n operasie ondergaan om oortollige vet aan haar maag te verwyder. Sy het nou sowat R360 000 vergoeding ontvang omdat die swak gehalte van die operasie gelei het tot die traumatiese besering.
Die hoof van mediese nalatigheid by die regsfirma Fletchers, Jeanette Aspinall sê in ’n verklaring: “Dié geval bewys net hoe maklik oënskynlik eenvoudige kosmetiese chirurgie kan skeefloop.”