Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

2014-verkiesing – van die vreemder partye…

$
0
0

Terwyl die swaargewigte dit die afgelope ruk uitbaklei om Suid-Afrikaners se gesogte kruisies Woensdag in hul blokkies te laat val, is daar ’n paar kleiner, unieke politieke partye wat ook vanjaar die kiesstryd aanknoop.

Die KISS-party

Hul naam klink dalk liefderik, maar die Keep it Straight and Simple-party het groter planne as net soentjies uitdeel. Hulle glo die sleutel tot Suid-Afrika se ekonomiese vooruitgang lê in die afskaffing van rompslomp sodat die rand kan verstewig. Dié verkiesing kan moontlik die KISS-party se laaste wees, want gerugte doen die rondte dat ’n tekort aan finansiering die party hul plek op toekomstige stembriewe kan kos.

Die Dagga-party

Dié groentjie het Suid-Afrika se politieke speelveld eers in 2009 betree, maar het al vir groot oproer gesorg. En soos ’n mens uit die naam kan aflei, is hul grootste oogmerk die wettiging van marijuana. Die party kon dit ongelukkig nie bekostig om te registreer vir vanjaar se verkiesing nie.

Abolition of Income Tax and Usury Party

As Jan Taks elke maand ’n gevoelige hap uit jou salaris vat, is dit die party vir jou. Hulle wil wegdoen met inkomstebelasting omdat hulle glo dit spoor mense aan tot oneerlikheid en omdat dit, volgens hulle, ’n Marxistiese uitvindsel is.

Boerestaat-party  

Weg met aborsie, weg met voorbehoedmiddels en bring terug die doodstraf ter beskerming van die Voortrekkers se nasate. Dit is die oogmerk van die Boerestaat-party, wat hulle beywer vir “ons volk se vryheid en die veilige voorbestaan in die nuwe Suid-Afrika”.

First National Liberation Alliance

Dié party streef na erkenning vir die Khoisan as die regmatige, eerste inwoners van Suid-Afrika. Hulle wil ook die Khoisan as ’n onafhanklike nasie laat verklaar en beywer hulle om die Khoisan se posisie te herstel na wat dit was voor 1652.

Mieke Vlok


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>