Sy het die eerste keer as die ratse boomklimmer Rue in The Hunger Games aandag getrek. Nou is Amandla een van die oulike stemme in die nuwe animasiefliek Rio 2.
- Amandla (15) se ma was mal oor die1989-album van die jazz-musikant Miles Davis, Amandla, en het besluit om daar dogter daarna te noem. Dit beteken ‘krag’ in Zoeloe.
- Sy is nie net ’n ontluikende aktrise nie, maar speel ook viool, kitaar en tromme en het al by die bekende Hard Rock Cafe en House of Blues opgetree. “Ek bring ook hopeloos te veel tyd agter my rekenaar deur,” sê sy.
- Sy sê dit was groot pret om saam met Jennifer Lawrence aan The Hunger Games te werk. “Sy is ongelooflik snaaks. Sy hou die stemming lekker lig.”
- Sy is goed met aksente namaak! Amandla sê sy kan ’n Britse en Spaanse aksent namaak, sowel as die aksent van iemand uit die Suide van Amerika. Vir haar rol as ’n jong Zoe Saldana in Colombiana, moes sy ’n Spaanse aksent namaak.
- Sy en die tienerstilis Tavi Gevinson van die blog Style Rookie is goeie vriende. “Jy hou van dieselfde goed as ek, en jy is so plat op die aarde,” het Tavi tydens ’n onderhoud aan Amandla gesê.
- Amandla is ’n ambassadeur vir die welsynsorganisasie No Kid Hungry en ondersteun ook die Ubuntu Education Fund, wat kinders van Port Elizabeth met skoolopleiding help.
Bronne: stylerookie.com, collider.com, amandlastenberg.com, hgfiresidechat.com, hggirlonfire.com