Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Ons gesels met Locnville

$
0
0

Hulle maak die meisies se knieë lam en laat die dansbane kook danksy ’n string treffers, soos hul jongste, Sexx, saam met Ross Jack. Ons leer Locnville se sexy Andrew en Brian Chaplin beter ken.

Wat is die beste en slegste deel van bekend wees?

Andrew: Die beste deel is om massas erkenning en meestal massas respek te kry vir wat jy doen. Aan die ander kant kan mense soms om jou kop verloor en onvanpas optree.

Brian: Daar is baie goeie goed wat met roem saamgaan, soos jy kan baie gratis goed kry. Die deel wat ek die meeste verpes, is om herken te word oral waar ek gaan.

Wat is die gekste ding wat ’n aanhanger al aangevang het?

Andrew: Daar’s baie goed, maar die meeste geskenke is baie bedagsaam. Die malste ding wat iemand my al gevra het, is dalk ’n bietjie gewaagd vir hierdie publikasie!

Brian: Daar is veels te veel om een te kies, maar een ding wat vir my uitstaan, is dat ’n groep meisies by my aantrekkamer agter die verhoog ingebreek het terwyl ek op die verhoog was. Ons het daarin geslaag om alles uit te pluis, maar hulle het ’n groot gat in ’n metaalheining geknip om deur te kom.

Wat inspireer jul lirieke?

Andrew: So te sê alles; van die alledaagse lewe tot mense wat ons ontmoet.

Brian: Die alledaagse lewe, asook sekere situasies waarin jy jouself kan voorstel.

Wat doen julle gewoonlik Sondae?

Andrew: Kyk 3D-flieks en hang rond.

Brian: Dit hang van die Sondag af, maar as dit ’n blaaskans-een is, dan ontspan ek by die huis, kook goeie kos en kyk flieks.

Wat is jul idee van ’n romantiese afspraak?

Andrew: Jy en ek in Bora Bora.

Brian: ’n Bietjie Marvin Gaye en chardonnay

Het julle meisies?

Andrew: Daar is ’n baie spesiale iemand in my lewe, maar sy reis baie en ons sien mekaar nie baie gereeld nie.

Brian: Ja, ek het.

Wat is die drie moet-hê-dinge vir ’n lekker huispartytjie?

Andrew: Drankies, meisies en vriende.

Brian: Goeie vriende, goeie kos, harde musiek en ’n paar bottels, as die geleentheid dit vereis.

Wat is jou gunsteling-maaltyd en kan jy kook?

Andrew: Ek is ’n fantastiese kok, maar ek kan nie eintlik ’n bepaalde maaltyd noem wat my gunsteling is nie. Oor die algemeen is ek dol oor Oosterse kos.

Brian: Ek het nie ’n gunsteling-maaltyd nie, maar ek hou baie van Chinese en Japannese kos, asook Mexikaans. En ja, ek is trots daarop dat ek ’n uitstekende kok is.

Wat is nou jou gunsteling-televisieprogram?

Andrew: South Park.

Brian: The Simpsons, veral die vroeëre seisoene.

Wat sal jy gryp as jou huis brand?

Andrew: Heel eerste enigiemand wat ek in die huis ken.

Brian: Mense eerste, dan rekenaars en skootrekenaars.

Geluk is . . .

Andrew: Om die ‘o!’-oomblik te vind wanneer ek ’n snit vervaardig.

Brian: Die hele tyd.

Van wie en waaroor was die laaste SMS wat jy gekry het?

Andrew: Ek sal nooit vir jou so iets vertel nie!

Brian: DStv, om vir my te sê ek moet my subskripsie betaal.

Ek wens ek het nie . . .

Andrew: Nodig gehad om nou hierdie onderhoud te doen nie. Ek maak ’n grap, ek’s piekfyn, daar’s nie eintlik iets wat ek wens ek nie gedoen het nie!

Brian: Ek wens ek hoef nie op ’n vliegtuig te klim om te vlieg nie.

Watter soort motor bestuur jy?

Andrew: ’n Swarte, soms silwer.

Brian: Die beste sort; ’n Beamer.

Watter raad sou jy aan jou hoërskool-self gegee het as jy kon teruggaan?

Andrew: Gaan net so voort, maar probeer om nie te veel uit te stel nie.

Brian: Speel verder. Dit raak baie beter.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>