Dit is vanaand op die kassie:
- 17:29 Geure Uit Die Vallei (kykNET): Die gasheer en bekroonde meesterkok Chris Smit gee ons ’n kykie na sy bekoorlike lewe in Franschhoek.
- 18:30 7de Laan (SABC2): Aggie en Lindile ontdek ’n geheim wat Struwig se skynheiligheid bewys. Is dit dalk die einde van Charmaine en David se verhouding?
- 18:30 Binnelanders (kykNET): ’n Kuiertjie beland by ongevalle en die Malherbes se gas praat oor haar persoonlike lewe. Wimpie se partytjieplanne word moontlik in die wiele gery.
- 18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.
- 19:30 Bravo! (KykNET): Die Bravo!-span betree die wêreld van hare, en sien wat die nuutste haarneigings is by die bekende Terenzo-haarsalon in Johannesburg. Hulle was ook by Lize Beekman se kunsuitstalling in Philadelphia buite Kaapstad, en sy praat openhartig oor die onlangse seer in haar lewe met die afsterwe van haar lewensmaat, Anneke de Villiers.
- 19:30 Revenge (M-Net): Victoria is vol vertroue dat Emily in haar lokval gaan trap. Intussen ontbloot Emily die identiteit van een van haar pa se samesweerders.
- 20:00 Kokkedoor (KykNET): Vir hierdie episode haal die Kokkedore die gietysterpotte uit en kry die kole reg, haal die landkaart uit en verken kosstreke reg oor die land.