Dit is vanaand op die kassie
18:00 Villa Rosa (kykNET): Wouter glo vas hy kan hom uit die verknorsing dobbel ten spyte van Eben se waarskuwings. Marius en Vicky kom net-net oor die weg terwyl haar vriendskap met Stef blom.
18:30 7de Laan (SABC2): Gita probeer die elektrisiteitinspekteur omkoop. Nadia ontdek Sonja se geheim.
18:30 Binnelanders (kykNET): Daleen is gespanne oor Nina se besoek aan die Kosters. Gustav en Quinton se probleme met Katt vererger. Okkie wil sake met Ilse stadiger laat verloop.
18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap
19:30 Fiësta (kykNET): Die Stellenbosch-wynfees is vanjaar ’n reuse gedoente met veel meer as net wynproe. Straatoptogte, heerlike kuiers by van die bekendste wynlandgoedere, vermaak en heerlike kos sorg vir ’n fees van formaat.
19:30 Grey’s Anatomy (M-Net): Die dokters word blootgestel aan grieppasiënte. Derek berei voor vir ’n toespraak. Intussen gee ’n nuwe dokter Alex ’n voorsmakie van ’n ander soort mediese praktyk.
20:00 Proesstraat (kykNET): Ilne het haar eie boekklub begin en hou haar eerste aandjie in Melt se woonstel. Sy het almal gevra om hul gunstelingboek saam te bring.
20:30 Vir Beter of Baie Beter (kykNET): Barbara het gesien Boetie het ’n vieslike webtuiste besoek. Sy kry Buks om ’n wagwoord op Boetie se rekenaar te sit. Barbie het intussen probleme met haar ou, Dewald, wat na haar mening te besitlik raak.