Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Hoekom lees goed is vir jou

$
0
0

In ’n wêreld propvol tegnologie vergeet ’n mens maklik van die eenvoudige lekkerte van opkrul met ’n goeie boek. Hier is sewe redes hoekom jy liewer die afstandbeheerder of jou foon moet neersit en ’n lekker roman oopslaan.

1.    Lees kan jou laat ontspan

Voel jy die afgelope ruk gespanne? Navorsers het bevind om ’n boek te lees is een van die doeltreffendste maniere om stres te klop, selfs beter as gewilde rate soos musiek luister, ’n koppie tee of selfs oefening. Slaan dus jou gunstelingboek oop en begin ontspan.

2.    Lees maak die wêreld beter

Lesers is wonderlike, aktiewe deelnemers aan die wêreld om hulle. Dis ’n feit! Navorsers het bevind mense wat lees vir die lekkerte is meer geneig om museums te besoek en konserte by te woon as dié wat nie lees nie, en amper drie keer meer geneig om vrywillige of liefdadigheidswerk te doen.

3.    Dit hou jou verstand skerp

As jy lewenslank lees, kan dit jou verstand help skerp hou. Navorsers het bevind mense wat vroeër asook later in hul lewe deelneem aan stimulerende aktiwiteite (soos lees), se geheue sal bes moontlik later in hul lewe stadiger agteruitgaan as mense wat nie lees nie.

4. Lees sodat jy jou opinie kan lug

Hoewel dit jou nie noodwendig beter help kommunikeer nie, is lesers meer  geneig om ’n groter woordeskat te hê waarmee hulle hul gevoelens kan verwoord. Hoe meer jy lees, hoe beter leer jy kommunikeer omdat jou woordeskat algaande sal toeneem.

5.    Dit maak jou interessanter  

Dit sal nuttig te pas kom om al hierdie inligting wat jy deur lees geleer het te gebruik in ’n akademiese gesprek. Jy sal met ’n wyer groep mense kan gesels en so boonop jou kennis en kommunikasievaardighede verder verbeter.

6.    Dit versterk jou verbeelding en kreatiwiteit

Lees stel jou bloot aan ’n verbeeldingswêreld, en wys jou niks is onmoontlik nie. Jou verbeelding is al beperking. Die geskrewe woorde in boeke en ander mense se menings sal jou horisonne help verbreed.

7.    En dis boonop groot pret

Lees kan net so boeiend wees soos om te fliek of TV te kyk, en jy word boonop vermaak terwyl jy lewensvaardighede aanleer. En dink net hoe lekker gaan dit wees om jou boek af te neem saam met iets interessants of op ’n interessante plek en dit op Instagram te laai!

-         Janine Nel

BRON: INSPIRATIONBOOST.COM

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!