1 Die 37-jarige Colombiaanse sangeres se 10de album is haar persoonlikste album tot dusver. Sy is dolverlief, en wil beslis hê die wêreld moet dit weet.
2 Die roerende liedjie 23, met sy sterk kitaarklanke, is ’n liefdeslied vir haar kêrel, die Spaanse sokkerspeler Gerard Piqué. Sy het hom vier jaar gelede ontmoet toe hy 23 was.
3 Die paartjie se 15 maande oue seun, Milan, maak sy “sang”-debuut. Klein Milan sing saam op die liedjie 23; ’n mens kan hom aan die einde van die snit hoor koergeluide maak.
4 Die album bevat allerhande soorte musiek, van reggae en dubstep tot pop, maar die Hips Don’t Lie-sangeres klink veral goed wanneer sy terugkeer na haar rockwortels op liedjies soos Empire.
5 Daar is ’n reggae-weergawe van Can’t Remember to Forget You saam met Rihanna. Dié video is sexy verby.