Wie sou kon dink dis ’n tienerma wat verantwoordelik is vir die wêreldwye gier van selfies sonder grimering vir kankerbewusmaking?
Fiona Cunningham (18), ’n jong ma van een, het mense aangemoedig om selfies te deel waarop hulle geen grimering dra nie en dit dan te deel nadat hulle geld geskenk het aan die organisasie Cancer Research UK.
Haar inspirasie was die Vertigo-aktrise Kim Novak (81), wat onlangs sonder grimering by die Oscars opgedaag het.
“Dié gier van selfies sonder grimering het my verbeelding aangegryp en ek was verbaas oor die wêreldwye reaksie. Ek het gedink hoe wonderlik dit sou as ’n mens dit vir liefdadigheid kon inspan,” sê Fiona.
Enkele dae nadat sy ’n Facebook-blad begin het, het dit 260 000 lede wêreldwyd gehad. Cancer Research UK het later trots aangekondig mense het meer as R35 miljoen geskenk danksy dié veldtog.
“Eers wou ek net bewusmaking skep oor borskanker, maar dit het toe alle kankersoorte geword, en dis selfs beter.”
-Janine Nel