Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Kenner getuig oor toiletdeur

$
0
0

A photograph as part of the evidence in the Oscar Pistorius murder trial is shown at the high court in Pretoria on Wednesday, 19 March 2014. Picture: Leon Sadiki/Citypress/Pool

’n Voormalige forensiese ontleder van die polisie het Dinsdag getuig oor die koeëlgate en krake in die toiletdeur in die moordbeskuldigde Oscar Pistorius se huis in Pretoria.

Roger Dixon het bevestig wat die hooggeregshof in Pretoria reeds aangehoor het – dat Oscar deur die deur geskiet en dit toe met ’n krieketkolf geslaan het.

’n Nabyfoto van die gerekonstrueerde deur, met twee krake aan albei kante van die vierde en laaste koeëlgat, is in die hof gewys. Oscar se advokaat, Barry Roux, het hom gevra wat eerste gekom het – die kraak of die gat. “Die koeëlgat was reeds daar toe die kraak toegedien is,” het Roger gesê.

As die kraak eerste daar was, sou die koeël ’n stuk daarvan laat uitval het. “Ek dink nie dit word betwis nie. Dis ook kol. Vermeulen se getuienis,” het Barry gesê.

’n Foto van ’n stuk van die deur, sowat 10 cm onder die handvatsel waar Oscar glo met sy prostese geskop het, is daarna bekyk. Die wit kolle op die stuk deur is vesels van ’n sokkie. “Die enigste materiaal wat strook met die wit vesel is die wit sokkies wat mnr. Pistorius oor die prostese gedra het,” het Roger gesê.

Roger het tussen 1994 en 2012 in die polisie se forensiesewetenskap-laboratorium gewerk. Hy was in beheer van die ontledingsonderafdeling en het talle kursusse in misdaadtoneel-ondersoekwerk voltooi.

Oscar word aangekla van Reeva Steenkamp se moord op 14 Februarie verlede jaar in sy huis in Pretoria. Hy het deur die geslote toiletdeur op haar geskiet en daarna ’n krieketkolf gebruik om die deur af te breek.

Die atleet voer aan hy het gedink Reeva is ’n inbreker wat hom wou aanval. Sy is in die heup, arm en kop getref. Die Paralimpiese atleet word ook in die gesig gestaar deur drie aanklagte van oortreding van die vuurwapenwet, waarop hy skuld ontken het.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>