Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Michael Schumacher toon geringe vordering

$
0
0

Michael Schumacher maak voortdurend geringe vordering, maar drie en ’n halwe maande ná sy ski-ongeluk is dit nog onmoontlik om presies te weet wat die prognose is, het die Formule 1-kampioen se bestuurder Sondagaand gesê.

‘Daar is kort oomblikke van bewustheid.’

“Daar is kort oomblikke van bewustheid. Hy toon geringe tekens van vordering,” het sy bestuurder, Sabine Kehm, in ʼn kletsprogram van die staatsuitsaaier ARD gesê.

Sabine het gesê dokters in die kliniek in Grenoble, Frankryk, waar Michael vir ernstige kopbeserings behandel word nadat hy op 29 Desember 2013 ’n ski-ongeluk gehad het, kan nie ’n prognose maak nie. “Ons kry nie ’n prognose by die dokters nie,” het sy gesê. “Elke geval is ’n individuele geval.”

Michael het twee operasies ondergaan ná die ongeluk in Meribel, Frankryk, en is in ’n geïnduseerde koma geplaas. Sabine het op 30 Januarie gesê die dokters het sy verdowing begin verminder om die ontwakingsproses te begin, en op 4 April het sy gesê dat hy “oomblikke van bewustheid en ontwaking” toon.

Sy het Sondag gesê “daar word medies gesproke ’n onderskeid getref tussen wakker wees en bewus wees”, en dat interaksie met ander ’n “voorvereiste is om voort te gaan” met die herstelproses.

Om Michael en sy familie se privaatheid te beskerm het Sabine nie verdere besonderhede gegee nie en bygevoeg privaatheid was nog altyd belangrik vir die sewemalige wêreldkampioen.

Sy het ook gesê Michael se familie was ontsteld omdat die media dokters aangehaal het wat nie betrokke was by sy behandeling en vertroud was met sy geval nie, en vertel dat ’n man in die vroeë fases van Michael se behandeling probeer het om naby hom te kom deur hom as Michael se pa voor te doen.

Maar sy het ook gesê die wêreldwye ondersteuning vir Michael van die Formule 1-gemeenskap en aanhangers “beteken baie vir die Schumachers”.

- Sapa


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>