Waar woon jy?
Sedgefield.
Som jouself in drie woorde op.
Ekonomies, voor op die wa, vol pret.
Hoe oud was jy toe jy begin kook en wat het jy berei?
Seker so sewe. Ek en my ma het vir die skoolvakansie koppiekoekies gemaak.
Wat is die beste raad oor kook wat jy al gekry het?
Kook met jou hart – en proe baie!
Die Kokkedoor-beoordelaars laat weet onverwags hulle kom oor 30 minute by jou eet. Wat sal jy kook?
Tunaslaai met varsgebakte brood.
Watter van die eerste seisoen se deelnemers was jou gunsteling en hoekom?
Tiaan. Ek hou al van hom sedert sy top-tienerkokdae.
Vir watter bekende sal jy graag wil kook en hoekom?
John Slattery, want bak is my ding, veral sjokoladekoek.
Wat dink jy is Suid-Afrika se gunsteling-onthoukos en hoekom?
Snoekpatee; dis so eg aan Suid-Afrika.
- Kokkedoor word Donderdae om 20:00 op kykNET uitgesaai
- Volg ook Kokkedoor op Twitter: www.twitter.com/kokkedoorapp