Waar woon jy?
Robertson.
Som jouself in drie woorde op.
Prakties, doelgerig en vrygewig.
Hoe oud was jy toe jy begin kook en wat het jy berei?
Net ses. Sjokoladekoek.
Wat is die beste raad oor kook wat jy al gekry het?
Gebruik jou instinkte en kennis.
Die Kokkedoor-beoordelaars laat weet onverwags hulle kom oor 30 minute by jou eet. Wat sal jy kook?
Kaasroulade gevul met gerookte salm, roomkaas en kappertjies.
Watter van die eerste seisoen se deelnemers was jou gunsteling en hoekom?
Totinette du Toit, want dit lyk asof ek en sy dieselfde passie vir kos het en bestanddele op dieselfde manier voorberei.
Vir watter bekende sal jy graag wil kook en hoekom?
Gordon Ramsay. Jy sal baie vinnig uitvind of die kos lekker is of nie.
Wat dink jy is Suid-Afrika se gunsteling-onthoukos en hoekom?
Ek dink daar is niks wat Suid-Afrikaners so laat terugdink aan ’n heerlike Sondagmiddag-ete soos ’n stadig gebraaide Karoo-lamsboud met gebraaide aartappels, soetpatat, groenboontjies, geelrys en bruinsous nie.
- Kokkedoor word Donderdae om 20:00 op kykNET uitgesaai
- Volg ook Kokkedoor op Twitter: www.twitter.com/kokkedoorapp