Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

GRAFIESE INHOUD – Foto van Reeva se bebloede kop gewys

$
0
0

WAARSKUWING – GRAFIESE INHOUD
Die foto onderaan hierdie artikel is nie vir sensitiewe kykers nie.

Na deeglike oorweging en uit die kommentaar wat ons van lesers op Facebook ontvang het, het ons wel besluit om die Reeva Steenkamp-foto wat vandag in die hof gewys is, te publiseer. – Huisgenoot

Die staatsaanklaer Gerrie Nel het vandag ’n foto van Reeva Steenkamp se kop in die hooggeregshof in Pretoria gewys en aan die moordbeskuldigde Oscar Pistorius gesê sy meisie se kop het ontplof, nes die waatlemoen ontplof het op ’n video wat SkyNews uitgesaai het.

Op dié video het Oscar na ’n waatlemoen geskiet en al wat ’n mens sien, is stukke wat spat. “Ons weet dit het ook met Reeva se kop gebeur,” het Gerrie gesê.

Oscar het geweier om na die foto te kyk wat geneem is kort nadat hy haar op Valentynsdag verlede jaar deur ’n geslote toiletdeur in sy huis in ’n veiligheidskompleks in Pretoria doodgeskiet het.

Gerrie het Oscar gemaan om na die foto te kyk en verantwoordelikheid te aanvaar vir wat hy gedoen het.

‘Ek hoef nie na ’n foto te kyk om my herinner nie. Ek onthou. Ek was daar.’

“Ek hoef nie na ’n foto te kyk om my herinner nie. Ek onthou. Ek was daar,” het Oscar gesê terwyl die trane oor sy wange geloop het.

Adv. Barry Roux het gesê dit is onvanpas om Reeva se kop met ’n waatlemoen te vergelyk.

Regter Thokozile Masipa het gevra dat die foto van Reeva se bebloede kop van die TV-skerms in die hof verwyder word; daarna het sy die hof vir vandag verdaag.

Oscar se suster, Aimee, het nes gister na hom toe gegaan om hom te vertroos.

Reeva se ma, June, is glo vooraf gewaarsku dat die foto gewys gaan word.

- Hilda Fourie

Die omstrede foto:

Die foto is tydens die hofverrigtinge op skerms gewys en ook op TV uitgesaai. (Foto: youtube.com/user/sabcdigitalnews)

Die foto is tydens die hofverrigtinge op skerms gewys en ook op TV uitgesaai. (Foto: youtube.com/user/sabcdigitalnews)


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>