Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Toyota herroep motors in SA

$
0
0

Toyota het aangekondig dat hulle 6,39 miljoen voertuie wêreldwyd van die mark herroep vir defekte waaronder probleme met die stuurwiel en sitplekke in die tweede grootste herroeping tot dusver.

Toyota het gesê hulle is nie bewus van enige ongelukke of beserings wat deur die defekte veroorsaak is wat in 27 modelle gevind is nie.

Hulle het nie gesê hoeveel die herroeping sou kos nie en dis nie duidelik of die defekte kom van Toyota se verskaffers of hul vervaardigingsprosesse nie. “Ons vra om verskoning aan ons klante vir die ongerief en bekommernis wat deur die herroeping veroorsaak is,” het Toyota in ’n verklaring gesê.

Toyota het gesê sowat 3.5 miljoen voertuie wêreldwyd word herroep om ’n spiraalkabel te vervang wat beskadig kan word as die stuurwiel gedraai word, wat kan veroorsaak dat die lugsak nie ontplooi tydens ’n ongeluk nie.

In Suid-Afrika raak dit die Hilux-model voor dit vernuwe is, die Fortuner en Innova-modelle en Toyota SA sal die spiraalkabel vervang.

Die ander herroeping is van vorige-generasie Yaris-modelle waar die sitplekrelings kon veroorsaak dat die sitplek tydens ’n ongeluk vorentoe gly. In hierdie geval sal die veermeganisme vervang word.

Leo Kok van Toyota SA het gesê: “Bekommerde klante is welkom om hul kontrakbesonderhede by hul naaste handelaar te los en ons sal hulle kontak sodra ons al die nodige parte het. Die parte word ingevoer.”

Leo het bygevoeg dat dit ’n voorkomende veldtog is en in Toyota SA se geval is dit nie ’n reaksie op plaaslike voorvalle nie. Die ander wêreldwye herroepings is vir defekte met stuurkolomhefbome, ruitveërmotors en enjinaansitters, hoewel daar geen voorvalle met Suid-Afrikaanse voertuie in hierdie gevalle was nie.

Bronne: Wheels24; Sapa


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>