Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Kyk hoe lekker gaan dit by Dowwe Dolla se KKNK-kuierplek!

$
0
0

Teaterrestaurant op sy beste is vanjaar op die spyskaart by die Absa KKNK op Oudtshoorn.

Die Boer in Kaapstad is nege jaar gelede deur die aktrise Margit Meyer-Rödenbeck en haar man, Jurgen Human, begin en het vanjaar sy buiging op die fees gemaak. Die Boer KKNK is in ’n ou kerksaal wat omskep is in ’n teater met klank en beligting van die hoogste gehalte.

Huisgenoot het ’n paar vrae aan Margit gestel.

Hoekom het julle besluit om Die Boer van Kaapstad na die KKNK te bring? 

Ons dreig al jare, maar het eindelik die mal perd opgesaal. Ons het gevind dat daar werklik ’n behoefte by die KKNK is aan die sogenaamde “supper theatre”.  By die fees is dit gewoonlik slegs die een of die ander.  By Die Boer kan jy albei geniet, en dit is ’n plek waar jy lekker kan eet en drink in ’n gesellige atmosfeer terwyl jy puik vermaak geniet.

Wat kan mense verwag wanneer hulle ’n vertoning daar gaan kyk?

Twee uur voor die vertoning maak die deure oop vir ete. Sjef Jean Louis Geldenhuys het saamgekom en die Boer KKNK se kos steek geensins af by sy boetie-restaurant in Durbanville nie. Almal kuier vooraf lekker saam en dan begin die vertoning.

Wat maak Die Boer spesiaal?

Ons het hard probeer om Die Boer se identiteit van Durbanville saam te bring. Dit is ’n veilige en warm hawe vir die kunstenaars, en gaste kan ’n bietjie talm en ontspan.  Die KKNK is eintlik baie vermoeiend, met die dat jy van die een vertoning na die ander jaag. Hier kan jy ’n bietjie afskakel en weggevoer word.

Wie het almal daar opgetree?

Amanda Strydom, Anna Davel, Wicus van der Merwe, Andriette Norman, Adam Tas,  Salmon en Snoek met Corne Crouse en Hildegardt Whites van 7de Laan-faam en Elvis Blue.

Wat was vanjaar vir jou ’n hoogtepunt by die Boer?

Die hoogtepunt was die gedaantewisseling van die plek en toe die deure met die eerste vertoning oopgaan. Op artistieke front was al die vertonings besonders, maar Miss Mandy, oftewel Amanda Strydom, in State of the Heart, wat vanjaar 20 jaar oud is, is een van my gunstelingstukke. Ek dink ek het dit al 14 keer gesien en die atmosfeer wat ons geskep het, ondersteun dit ten volle.

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>