Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Die vreemdste eetluste ter wêreld

$
0
0

Klippekouers, petroldrinkers, bloedsuiers – glo dit of nie, daar is regtig sulke mense . . .

Die doekvraat  

Keyshia (22) van New York in Amerika is dol oor deurweekte doeke en kan haarself nie keer om daaraan te snuif of kou nie.

Sy kry vuil doeke by vriende en selfs vreemdelinge en beweer dit smaak soos suur lekkers.

“Ek is dol daaroor; dit smaak heerlik,” sê sy.

https://www.youtube.com/watch?feature=player_embedded&v=nuFW0G5fET

Die kind wat matte eet

Charlotte Cook (5) knibbel gedurig aan matte en rusbankmateriaal in haar huis. Sy ly aan outisme en ’n ekstreme vorm van die verwante steuring, pika, wat haar vir materiaal laat lus kry.

Die man wat aan klippe kou

’n Bouer van Indië, Pakkirappa Hunagundi (30), het die nuus gehaal toe hy sy vreemde eetgewoonte onthul. Hy neem nie eens kos werk toe nie, want hy eet sommer die bakstene.

Die vampier 

Die ma van twee Julia Caples (45) is dalk ’n regte vampier, want sy drink al meer as 30 jaar bloed. Sy kry bloed by mede-vampieraanhangers wat haar by ’n okkulte-en-rarighede-winkel aan hulle laat drink.

Die petrolkop

Brain Taylor (45) lyk dalk soos ’n gewone ou, maar hy het ’n vreemde voorliefde: niks is vir hom lekkerder as om aan petrol te ruik of dit te drink nie.

Hy het al vergaderings bygewoon om sy verslawing te probeer oorwin, maar hy het so sterk na petrol geruik dat hy as ’n brandgevaar beskou en uitgeskop is.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>