Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Chris Chameleon se geestelike musiek bekoor by KKNK

$
0
0

Dit lyk dalk na ’n rockkonsert en klink ook nogal so, maar as jy ’n gereelde kerkganger is, herken jy bes moontlik die lirieke.

Chris Chameleon het vanjaar sy vertoning Herleef: Psalms en Gesange Oudtshoorn toe gebring vir die Absa Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK). Hy sing die verhoog aan die brand met gewyde liedere wat hy kleintyd in die kerk gehoor en nou in sy eie styl verwerk het.

Chris vertel hy onthou nog goed hoe hy as kind vir die eerste keer van die moederskamer af “grootmenskerk” toe moes gaan.

“Aanvanklik is ’n mens so in vervoering oor die prag en die praal en die orrel. Maar dan kom jy op ’n punt dat jy na die liedere begin luister en jy sukkel om mooi te hoor wat hulle sing.”

Chris het aanvanklik teen die idee van ’n geestelike album geskop. “Daar is gewoonlik drie goed wat ’n aanduiding is dat jou loopbaan op die afdraande pad is,” skerts Chris, “jy reik ’n kinderalbum, ’n grootstetreffersalbum of ’n gospelalbum uit.”

Saam met hom op die verhoog is die kitaarspeler Albert Frost, baskitaarspeler Schalk Joubert en tromspeler Riaan van Rensburg.

Chris het sy eie siening oor Christenskap en hoewel hy nie elke Sondag in die kerk gaan sit nie, behoort hy steeds tot die gemeente waarin hy aangeneem is. “Ek is geestelik en ek bid, maar wanneer jy vir mense sê jy is ’n Christen, dwing (party van) hulle baie gou hul eie verwysingsraamwerk daarvan op jou af.”

Hy glo die Here is alwetend; daarom rig hy nie versoeke tot Hom wanneer hy bid nie. “Alles is mos lankal reeds beplan.”

Wanneer Chris nie toer nie, is sy gunstelingplek steeds sy plasie in die Vrystaat. “Vanjaar lyk die beeste veral goed; hulle is mooi vet en gesond.”

Ook het hy nou al ’n ruk lank ’n vriendin wat hom gelukkig maak. Meer as dit wil hy nie sê nie. “Ek probeer haar ’n bietjie beskerm teen al die goed wat met bekend wees gepaardgaan.”

Die vertonings is nog tot 5 April te sien.

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>