17:30 La’t Wiel (KykNET): Die La’t Wiel-span ry die nuwe Toyota Corolla - ’n legendariese motor waarvan daar al meer as 40 miljoen verkoop is. Hulle kyk ook na die nuwe Suzuki SX4 en die Volkswagen Amarok se nuwe 8-spoed ratkas.
18:00 Mom (M-Net): Violet kry die perfekte gesin oom haar baba aan te neem. Christy en Bonnie doen alles in hul vermoë om seker te maak dat die aannemingsproses glad verloop.
18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateur sjefs reg oor Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns te ontwikkel, maar net een kan die titel as Masterchef wen.
18:30 7de Laan (SABC 2): Nadia wonder hoekom Sonja so anti-Bertus is. Pulane skok Danelle met haar opinie oor mans en verhoudings.
18:30 Binnelanders (KykNET): Nie almal is gelukkig oor die nuwe liefde wat blom in Binneland nie. Karli maak amok in die hospitaalgange. Tertius beplan om landuit te vlug met Daleen en Nina.
19:30 Arrow (M-Net): Die Huntress keer terug na die stad om haar pa te vermoor en Oliver belowe Sara dat hy sy eksmeisie sal stop voor sy dit doen. Tussendeur al die chaos neem die Huntress die hele hofgebou waarbinne Laurel is ook nog gyselaar. Roy besef watter groot opofferings hy moet maak om vir Thea veilig te hou.
20:00 Toks ’n Tjops (KykNET): Die kenners Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland- van die duikslae tot skeidsregters.