Christina Olivier van Tzaneen het hierdie aartappelslaai-resep met ons gedeel.
GenoeG vir: 4-6 mense
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute
SLAAI
6 aartappels
3 hardgekookte eiers
1 ui
1 groen soetrissie, ontkern
5 ml (1 t) vars gemaalde
swartpeper
SOUS
60 ml (¼ k) olyfolie
15 ml (1 e) wit druiwe-asyn
5 ml (1 t) dille of tiemie
- SLAAI Kook die aartappels in soutwater gaar en trek die skille af.
- Sny al die bestanddele in kleiner stukke en geur goed met sout en peper. Plaas in ’n slaaibak en hou eenkant.
- SOUS Meng die olyfolie en asyn saam en giet oor die aartappels terwyl dit nog warm is.
- Meng liggies met ’n vurk en strooi die kruie oor die slaai.
- Plaas in yskas om af te koel.