Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Nóg drama in die Houston-familie

$
0
0

Dit lyk of daar geen einde is aan al die drama in wyle Whitney Houston se familie nie.

Dié musieklegende se skoonsuster en voormalige bestuurder, Pat Houston, het ’n beskermingsbevel teen Whitney se skoonseun, Nick Gordon, gekry omdat sy vrees vir haar lewe nadat hy haar glo gedreig het en onder meer foto’s van vuurwapens getwiet het.

Whitney het Nick (24) grootgemaak en hy was soos ’n broer vir haar enigste kind, Bobbi Kristina Brown (21). Pat en Whitney se ma, Cissy Houston, was glad nie ingenome toe dié twee besluit om te trou nie.

Nick was vroeër vandeesmaand op Pat se dogter, Rayah, se 16de verjaardagpartytjie betrokke in ’n bakleiery met Whitney se neef Gary Houston omdat hy glo onder meer die Houston-familie slegsê.

Nick is blykbaar gedurig verwaand omdat hy dink hy het “gewen” nadat Bobbi Kristina haar familie se raad geïgnoreer en met hom getrou het, vertel ’n familievriend. “En nou geniet hy die geld wat Whitney vir Krissi nagelaat het toe sy in 2012 oorlede is.”

Nick het boonop Pat en Gary op Twitter gedreig en sleggesê, en het foto’s van masjiengewere en gewere getwiet.

Volgens die beskermingsbevel moet hy 180 m wegbly van Pat af.

En wat dink Nick daarvan? Wel, hy “gee nie ’n *** om” oor die beskermingsbevel nie, het hy aan die skinderwebtuiste TMZ gesê.

Sjoe! Whitney draai seker in haar graf om.

BRONNE: TMZ.COM, THEYBF.COM, BOSSIP.COM


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>